Article written for Vrouekeur : Original article is viewable here

Hier is ’n paar wenke om ‘n narsis te hanteer.

DEUR: Anne Marais

Suzette Vlok Weideman, kliniese sielkundige, gee die volgende raad:

  • Wees bewus van die uitdagings wat so ’n persoon beleef en watter impak dit op sy of haar leefwêreld het.
  • Stel duidelike grense
  • Kommunikeer openlik oor die invloed wat die gedrag op jou het.
  • Onderskei tussen die persoon se optrede en jou eie belewenis.
  • Vra jouself af of die persoon se optrede iets van jou of hom of haar sê.
  • Aanvaar die persoon as mens, al keur jy sy of haar gedrag nie goed nie.

Liesl Vogt, kliniese sielkundige, gee die volgende wenke:

  • Moenie die gedrag van ’n narsis persoonlik opneem nie.
  • Vergeet van jou eie ego.
  • Hanteer so ´n persoon sagkens en wees bewus van die feit dat hulle onseker van hulself is.
  • Wees versigtig om nie dinge te doen wat hul onsekerheid sneller nie, dit kan onnodige konflik veroorsaak.
  • As die persoon totaal onmoontlik is om mee oor die weg te kom, onttrek van die verhouding en beëindig dit.

Kontakte

Suzette Weideman: info@suzetteweidemanpsych.co.za
Liesl Vogt: bryanwood@bryanwood.co.za